By: Bernadine Edith Hein
Date: Tue, 28 May 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Nuwe polisie voertuie oorhanding aan die Namakwa en Frances Baard distrikte
Die adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring in die
Noord-Kaap, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het ses (6) nuwe voertuie
oorhandig om die polisiëring van onwettige mynbedrywighede in die provinsie te
bevorder. Dit volg op die amptelike opening van die 24-uur Nasionale
Gesamentlike Operasionele en Intelligensie Struktuur (NatJOINTS)
Koördineringsentrum (NCC) by SAPD Tshwane Akademie in Pretoria op Vrydag, 24
Mei 2024, waar die Minister van Polisie, Generaal Bheke Cele saam met die
Nasionale Kommissaris van die SAPD, generaal Fannie Masemola voertuie aan
verskeie gespesialiseerde operasionele eenhede oorhandig het. “Generaal-majoor
Ngubelanga het die lede ingelig dat die voertuie oorhandig is om lede in staat
te stel om vinnig op onwettige mynbou en verwante sake in die
mynbou-brandpuntgebiede van die Namakwa- en Frances Baard distrikte te reageer
en aan te spreek,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi
Shemane gesê.
Related News