By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 14 Jun 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Vedanta Zinc International verskeie inisiatiewe om die jeug te Ontwikkel
Van
vaardigheidsontwikkeling tot die verskaffing van geleenthede vir tersiêre
opleiding, het Vedanta Zinc International verskeie inisiatiewe om die jeug te Ontwikkel.
Die Black Mountain Studietrust-beurs het oor die jare studente bevoordeel wat
op soek is na studie in velde buite mynbou en het 17 studente ingeskryf in tersiêre
inrigtings gedurende die 2023-2024 finansiële jaar. Jesslin Samboya, boorling van Pella, vertel hoe die Black Mountain Study Trust-beurs haar gehelp het om haar studies suksesvol te voltooi!“My ouers is oorlede toe ek baie jonk was, en my uitgebreide familie kon weens finansiële beperkings nie universiteit bekostig nie. Die BMM-beurs was dus een van my grootste seëninge en het my geweldig gehelp. Ek kan nie uitdruk hoe dankbaar ek teenoor Blck Mountain is dat ek my toegelaat het om my studies te voltooi nie,” het Jesslin Samboya, Beurshouer en Gegradueerde: Baccalaureus Onderwys in Intermediêre Fase Onderrig, gesê.
Related News