Die Premier van die Noord-Kaap, dr Zamani Saul, het gister die Lede van die Uitvoerende Raad (LUR'e) vir die Sewende Administrasie aangekondig.Hule is as volg aangewys Departement van Gesondheid - Mnr Maruping Lekwene, Departement van Onderwys - Mnr Abraham Vosloo, Departement van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme - Me Venus Blennies, Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings, Tradisioneel Sake, Vervoer, Veiligheid en Skakeling - Mnr Bentley Vass, Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming - Me Mase Manopole, Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Jeug, Vroue, Mense saam met Gestremdhede en Sport, Kuns en Kultuur - Me Nontobeko Vilakazi en Departement van Paaie en Openbare Werke - Me Fufe Makatong. Die sewe nuut aangestelde Lede van die Uitvoerende Raad was vanoggend deur die Regter-president van die Noord-Kaapse Hooggeregshofafdeling, regter Pule Tlaletsi, ingesweer.