Die vermeende dubbele moordenaar Japie Claassens, het op Woensdag, 26 Junie, voor die hof op Vioolsdrift verskyn. Volgens die Nasionlae Vervolgingsgesag is dit tot 24 Julie uitgestel vir die Direkteur van Openbare Vervolging-besluit. Dit is baie waarskynlik dat die saak na die Springbok-streekhof vir verhoor oorgeplaas sal word. Claassens staan ​​tereg op aanklagte van moord ná die noodlottige skietery op twee vriende, Coenraad De Beer en James Kriel in Desember 2023.