Die Young Stars rugby klub op Port Nooloth neem afskeid van 'n man wat die Young Stars-trui met trots gedra het, hul geliefde spanmaat, klubfotograaf en dierbare vriend. Hul noem dat sy heengaan laat 'n leemte in hul lewens, maar sy herinnering sal hul bly inspireer. “Kelvin Losper, "zarra" soos ons hom genoem het, was 'n krag om mee rekening te hou op die veld, 'n meester agter die kameralens en 'n ontdekkingsreisiger van die diep. Hy het 'n lewe geleef wat vol, ryk en gevarieerd was, en sy liefde vir avontuur is net geëwenaar deur sy liefde vir sy vriende en familie,” het die rugby klub gesê. Hy het die span se oorwinnings en herinneringe vasgevang deur sy fotografie, die skoonheid van die see bewaar deur sy duik, en sy span geïnspireer met sy moed en passie.