By: Bernadine Edith HeinDate: Fri, 28 Jun 2024Language: AfrikaansCategory: Crime
Loeriesfontein man gevonnis vir betasting
Die 31 jarige
Garvey De Koker is onlangs in die Calvinia-streekhof 5 jaar gevangenisstraf
opgelê vir seksuele aanranding. Op 22 Augustus 2020 om 20:30 het die 20 jarige vroulike
slagoffer en 'n vriend van 'n Sportsbar in Loeriesfontein gestap toe sy deur
die beskuldigde aangerand is. “Hy het seksuele aanmanings aan die slagoffer
gemaak, haar arm gegryp en haar onbetaamlik aan haar privaatdele betas,” het
Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Lt Kol Sergio Kock gesê. Die beskuldigde is
twee dae later gearresteer en op 27 Junie 2024 gevonnis tot 5 jaar
gevangenisstraf wat vir 'n tydperk van 5 jaar opgeskort is. Hy is ook onbevoeg
verklaar om 'n vuurwapen te besit.