By: Bernadine Edith Hein
Date: Thu, 04 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Burgemeester van Richtersveld munisipaliteit gaan vandag gesles oor sleutelprestasies van die munisipaliteit
Die Nasionale Loterykommissie, Noord-Kaap Provinsiale
Kantoor, CLO-Mnr Arnold Green, tesame met Namakwa Netbal Voorsitter en
Administrateur tesame het die gister die Richtersveld Munisipale Raad, Bestuur
en Personeel op hoogte gebring van die doel van sy besoek. Moribo iGroup sal
mettertyd met die bou van die veeldoelige netbalbane begin.Burgemeester Cornell Knoph vergesel deur Richtersveld Munisipaliteit se Raadslede en Personeel het gister 104 sakke Veevoer aan Lekkersing Veeboere oorhandig. Tydens Ps. Nico Cloete se openings gebed het hy namens die Veeboere van die Lekkersing Gemeenskap hulle Dankbaarheid uitgespreek met die hulp van Veevoer en gevra vir ń goeie wintersreën. Burgemeester Cornell Knoph het tydens sy toespraak sy opregte Dank uitgespreek teenoor die Provinsiale en Distrik kantore van Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersetting en Tradisionele Sake onder leiding van Agbare LUR-Mnr. Bentley Vass en Streekbestuurder-Mnr Roger Swartz vir diè skenking waar sowat 57 Veeboere kon baat vind. In die tussentyd wees ingeskakel in die program Hamba Khaya met Dewald Rooi om 5uur, waar Rooi gaan gesels met Mnr Knoph en die Speaker Marlene Fredericks. Die onderwerp is sleutelprestasies van die Richtersveld Munisipaliteit.
Related News