Die Springbok Openbare Orde Polisiëringseenheid het twee
mans tydens roetine-misdaadvoorkomingspatrollies op die N7-deurpad in Springbok
met dagga ter waarde van ongeveer R350 000-00 gearresteer. Noord- Kaapse
polisiewoordvoerder Luitenant Kolonel Sergio Kock sê dat vanoggend omstreeks 00:05 het die SAPD-lede die
verdagte vragmotor opgemerk, dit gestop en deursoek en beslag gelê op 11 sakke
dagga wat tussen koskratte agter in die voertuig versteek was. “Die polisie het
ook beslag gelê op 'n onbekende bedrag kontant van die verdagtes wat glo die
opbrengs van dwelmhandel is,” het Kock bygevoeg. Die manlike bestuurder (32) en
sy manlike passasier (26) is in hegtenis geneem vir handel in dagga en sal na
verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.