By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 10 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Sekere uitsaai gebiede van Radio Nfm negatief beïnvloed weens weers omstandighede
Radio Nfm se radiosein is sedert Sondag
(07/07/2024) af, wat sekere dele van ons uitsaaigebied beïnvloed. Die
uitsaaigebiede wat geraak word is; Kamiesberg – 89.1, Richtersveld – 90.7 en
Nama Khoi – 98.1, terwyl die Khai Ma Frekwensie
aktief is op 89.7. Dit is as gevolg van die uiterste weerstoestande wat ons
tans ondervind in Namakwa. Die gemeenskapradiostasie vra om verskoning vir die ontwrigting en Sentech wat 'n staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika is wat verantwoordelik is vir die verskaffing van uitsaaiseinverspreiding en telekommunikasiedienste, werk ywerig daaraan om die sein so gou as moontlik te herstel. Hulle speel 'n deurslaggewende rol in die oordrag van radio- en televisieseine regoor die land. Bly ingeskakel vir opdaterings, en volg Radio Nfm intussen op sosiale media vir die jongste nuus en opdaterings, programme gaan soos normaal aan.".
Related News