Die Nasionale Bemagtigingsfonds in samewerking met die Presidensie, provinsiale Premier se kantore, distriksmunisipaliteite en ander regeringsentiteite sal hierdie Julie die Presidensiële Vroue Ekonomiese Bemagtigingsprogram werkswinkels in die Noord-Kaap aanbied. Hierdie nasionale uitreiking is ontwerp om opkomende vroue-entrepreneurs en informele handelaars toe te rus met noodsaaklike vaardighede en hulpbronne, wat onderwerpe soos besigheidsnakoming, verkrygingstrategieë, finansiële geletterdheid, bemarking en toegang dek. Die werkswinkel vind vanoggend in die Namakwa distrik op Concordia plaas.