Nama Khoi munisipaliteit ervaar tans baie uitdagings met kragonderbrekings as gevolg van weerstoestande. Tegniese spanne is op die grond en werk onvermoeid om water en elektrisiteit te herstel. Groot sukesse is reeds behaal, alhoewel daar steeds ‘n paar dorpe is wat sukkel met water- en elektrisiteitsvoorsiening. Woordvoerder van die munisipaliteit, Jason Milford het meer hier oor – CLIP Intussen is die eletrisiteit herstel in Paulshoek in die Kamiesberg munisipaliteit. Die elektriese afdeling is tans nog hard besig met herstelwerk om die ander dorpe se elektrisiteit aan te skakel.