Die LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake; en Vervoer, Veiligheid en Skakeling, mnr. Bentley Vass sal van vandag die gebiede wat deur strawwe weerstoestande geraak word in die Namakwa-distrik besoek. Hy sal in die Hantam Plaaslike Munisipaliteit vanoggend begin. Hy sal daarna môre Kamiesberg en Nama Khoi Munisipaliteite onderskeidelik besoek. Mnr. Vass sal ook die Kontrakteur vir die Calvinia 200 Behuisingsprojek vandag bekendstel wat deel vorm van die Noord-Kaap R1miljard Behuisingsprojek.