By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 17 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Local
Gemeenskappe in die Khai Ma munisipaliteit bedank vir hul bywoning by die Maatskaplike Arbeidsplan.
Vedanta Zinc International wil graag die gemeenskappe in
die Khai Ma munisipaliteit bedank vir hul bywoning by die Maatskaplike
Arbeidsplan. Dit het plaasgevind in Pella, Pofadder, Witbank, Onseepkans, en
Aggeneys. Na die konsultasies het Black Mountain Myn die terugvoer en versoek
vir die aanbieding van die SLP-afsluitingsverslag in ag geneem. ‘n Datum vir hierdie
gesprekke sal mettertyd gekomunikeer word, sodra die myn die Reguleerder (Departement
van Minerale Hulpbronne en Energie) geraadplaag het. “Wees asseblief op die
uitkyk vir hierdie kommunikasie via Gemeenskapskakelbeampte kantore, sosiale
media en radio,” het Black Mountain Myn gesê.
Related News