Kliënte in Khai Ma Munisipaliteit word versoek om water spaarsamig te gebruik
Neem asseblief kennis dat Vaal Sentrale Waterraad, as deel
van die winterinstandhouding, die skoonmaak van die Balancing Reservoir en die
Clarifier vir vandag geskeduleer. Die aanleg sal vir 12 uur gesluit wees vanaf
middernag op Woensdag 2024. Die stilstand sal 'n onderbreking van watertoevoer
vanaf die Pelladrift Suiweringsaanleg tot gevolg hê. Die gebiede wat geraak sal
word is, Khai Ma Plaaslike Munisipaliteit, Black Mountain Myn en Aggeneys
Village. Kliënte word versoek om water spaarsamig te gebruik om Vaal Centre
Water in staat te stel om voort te gaan om water aan alle klante te lewer en
aan hul fundamentele behoeftes te voldoen.