By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 17 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Community
Khai Ma burgemeester en gemeenskap doen hul deel vir Mandela dag
Die jaar
word Mandeladag onder die tema; "Dit is steeds in ons hande om armoede en
ongelykheid te bekamp," gevier. Die Burgemeester van die Khai Ma Munisipaliteit,
Estelle Cloete en die gemeenskap het met ‘n skoonmaakveldtog afgeskop op Maandag
en wat môre tot ‘n einde kom. Daar sal ook ‘n slaggat herstelprojek op Hoofweg,
Blyvooruitsig op Mandeladag self plaasvind. “Ek doen 'n beroep op alle
munisipale personeel om hand by te sit, en aan almal in Khâi-Ma: Kom ons
verander ons houding teenoor behoeftiges. Saam kan ons 'n verskil maak!. Sluit
by ons aan om ons gemeenskap te dien en 'n meer regverdige Pofadder te bou,”
het Cloete gesê.
Related News