Gister se kwartaallikse Tegniese Interregeringsverhoudinge vergadering het plaasgevind by die kantore van die Namakwa Distriksmunisipaliteit en is bygewoon deur Munisipale Bestuurders en belanghebbendes van die verskillende departemente in die distrik. Besprekingspunte was die Landelike pad bate bestuurstelsels se prestasie, impak op Plaaslike Munisipaliteite, assessering van toesig in die Namakwa distrik, en dissiplinêre prosedure. Cogsta het oor die vorderingsverslag oor menslike nedersetting en die opdatering oor die vul van senior bestuursposte aangebied. Munisipale Bestuurder, mnr. Sydney Adams het 'n opdatering gegee oor die status van gedeelde dienste met plaaslike munisipaliteite. Die Tegniese Interregeringsverhoudinge vind kwartaalliks plaas en word bygewoon deur sektordepartemente en die munisipale bestuurders.