By: Bernadine Edith Hein
Date: Fri, 19 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Crime
Namakwaland Polisie verwyder dwelms uit die strate van Namakwa-Distrik
Tydens die
uitvoering van voertuigpatrollies en stop- en deursoek-aksies deur Springbok
Sigbare Polisiëring gister, het lede 'n onbekende manspersoon opgemerk wat
verdag optree. Toe hulle hom sowel as die perseel deursoek het, het hulle sakke
gevind wat vermoedelik dagga bevat. ’n 26-jarige verdagte is gearresteer en
dagga ter waarde van R61 700 is gekonfiskeer asook geld wat vermoedelik die
opbrengs van misdaad is. Terselfdertyd gister in Port Nolloth, terwyl die polisie voertuigpatrollies in die gebied gedoen het, het hulle inligting ontvang van 'n manspersoon wat na bewering dwelms in die Sizamile-nedersetting in Port Nolloth verkoop en daarna vinnig op die inligting opgevolg. “By die geïdentifiseerde huis is 'n deursoeking gedoen en die polisie het vermeende tik, mandrax en dagga met 'n geraamde straatwaarde van R3 000-00 en kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is gevind en beslag gelê en 'n 45-jarige manlike verdagte in hegtenis geneem,” het Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Molefi Shemane gesê. Die gearresteerde persone sal na verwagting binnekort in die onderskeie landdroshowe verskyn. Die polisie bly verbind tot die uitwissing van dwelms en dwelmmisbruik in die Namakwa-distrik.
Related News