Die Richtersveld munisipale kantoor gaan vandag gesluit wees, as gevolg van die onderbreking in die elektrisiteit. Essensïele en noodsaaklike dienste sal soos normaalweg geskied. Eskom-transmissie sal 'n beplande kragonderbreking hê vir instandhoudingswerk wat op die netwerk en substasies gedoen moet word. Dit vind plaas ussen 6vm en 6nm. “Neem asseblief kennis dat alle elektriese installasies en toerusting lewendig behandel moet word vir die volle duur van die genoemde kragonderbreking,” het Eskom gesê.