Dag Een van die bekendstelling van die Noord-Kaap Plaaslike Regering Kommunikeerders Forum vir Munisipale Kommunikeerders in die Noord-Kaap is gister aangebied in Upington, in die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit en is toegespreek deur LUR vir Samewerkende Regering Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake; en Vervoer, Veiligheid en Skakeling mnr. Bentley Vass. In sy boodskap van ondersteuning het LUR Bentley Vass gesê kommunikasie behoort gebruik te word as 'n instrument om in te lig, te beïnvloed en aan die verwagtinge te voldoen van diegene wat ons dien en bowenal, vertroue te bou. Die bekendstelling word deur plaaslike regeringskommunikeerders van regoor die Noord-Kaapprovinsie bygewoon.