Operasie Vala Umgodi Gaan Voort Om Misdadigers Van Die Straat Af Te Hou
Operasie Vala Umgodi, gaan voort met verhoogde
sigbaarheid by geïdentifiseerde mynskagte en stortingsterreine in die Namakwa-distrik.
In
die Namakwa-distrik het die span 3 ongedokumenteerde immigrante aangekeer en 1
verdagte vir betreding gearresteer. “Die span het verder die Kamieskroon-polisie bygestaan om ‘n veediefstalverdagte op te spoor wat by die bergagtige grotte van Kamieskroon weggekruip het,” het Sam gesê. Die span het ‘n skaapkarkas, die verdagte se klere en kookgerei gevind. Die spanne het beslag gelê op talle mynimplemente wat glo in die pleging van onwettige mynmisdrywe gebruik word. Die Ongedokumenteerde verdagtes word aangehou deur die amptenare van die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste om verwerk en geverifieer te word voordat hulle formeel aangekla en aan die hof voorgelê word vir deportasie.