By: Bernadine Edith HeinDate: Wed, 31 Jul 2024Language: AfrikaansCategory: Local
Uitvoerende Burgemeester Cloete sê ná dertig jaar van demokrasie - vroue moet gevier word.
"Vryheid kan nie bereik word tensy vroue van alle vorme van
onderdrukking bevry is nie" woorde van Nelson Mandela uit 'n toespraak wat
hy op 8 Mei 1994 in die Parlement gehou het. Mandela het geglo dat vroueregte
'n integrale deel van 'n vrye samelewing is. Mervin Cloete, Uitvoerende burgemeester
van die Namakwa Distriksmunisipaliteit, het dieselfde sentiment gedeel oor die
sluiting van Mandela-maand as wat die nasie vrouemaand moet vier. Hy gee te kenne
wat op die 09 Augustus op Pofadder gaan plaasvind -