By: Bernadine Edith Hein
Date: Wed, 31 Jul 2024
Language: Afrikaans
Category: Government
Namakwa-distriksmunisipaliteit het die Dr. Beyers Naude plaaslike munisipaliteit besoek
Die
Namakwa-distriksmunisipaliteit het die Dr. Beyers Naude
plaaslike munisipaliteit besoek vir 'n Elektromagnetiese puls-gebaseerde
volhoubaarheid-elektrisiteitsverspreidingswerkswinkel met 'n afvaardiging wat
bestaan uit die Uitvoerende Burgemeester: mnr. Mervin Cloete, plaaslike
burgemeesters, plaaslike munisipale bestuurders, distriks munisipale
bestuurder: mnr. Sydney Adams en amptenare van die distriksmunisipaliteit.Die munisipaliteite van die Namakwa-distrik wat teenwoordig is as volg, Richtersveld-, Kamiesberg-, Khai-Ma-, Hantam- en Karoo Hoogland Munisipaliteite. Die doel van die werkswinkel is om insig te gee oor hoe die onlangs geaktiveerde Elektromagnetiese puls -gebaseerde volhoubaarheid-elektrisiteitsverspreidingsprogram wat in Dr. Beyers Naude plaaslike munisipaliteit geïmplementeer is, positief help met die munisipaliteit se nakoming van sy grondwetlike artikel 152 (b) mandaat.
Related News