Die Nama Khoi Burgemeester, Rodney Kritzinger wil sy opregte dank uitspreek aan al die rolspelers wat gehelp het om byna R1 miljoen te bespaar deur hul kundigheid en besighede aan te wend om die Overberg pompstasie weer aan die gang te kry. Hierdie gesamentlike poging het verseker dat die gemeenskappe in die omgewing toegang tot volhoubare waterbronne het. Die rolspelers wat betrokke was hul waardevolle bydraes is onder andere; Kobus Zandberg van Vedanta Zinc International vir sy ondersteuning met reëlings. Abri van Niekerk en Tiaan van den Heever van Novatec vir die voorsiening en installering van 'n nuwe paneel. Thinus van Schalkwyk en sy span van Copper 360 vir die herstel van die pompe se asse en die verskaffing van 'n nuwe impeller en Nico Moore van Springbok Motor Rewinds vir die heropbou van motors.