Die gemeenskap van Concordia en omliggende gebiede is in rou ná die skielike afsterwe van die 21-jarige Keanu Osvaldo Ismael op 26 Januarie 2025. Keanu, ’n oud-leerder van Hoërskool Concordia en bekende fotograaf, was geliefd vir sy vermoë om die skoonheid van die streek en sy mense vas te vang. Sy onbaatsugtige bydrae tot skool- en gemeenskapsgeleenthede het hom as ’n gerespekteerde spanlid laat uitstaan. Sy afwesigheid laat ’n groot leemte, maar sy nalatenskap sal altyd voortleef. Sterkte word aan sy familie en vriende toegebid. Besonderhede oor die begrafnisdiens sal later bekend gemaak word.