Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het erkenning gegee aan die vertraging in die uitbetaling van norme en standaardtoewysings, wat te wyte is aan begrotingsbeperkings en nie wanbestuur nie. Die Departement het gesukkel met 'n begrotingsvermindering van R232 miljoen aan die begin van die 2024/25-boekjaar, en ‘n verdere vermindering van R60 miljoen gedurende die jaar. Daarbenewens het die finansiële impak van die 2024/25-loonaanpassing nie die nodige befondsing ontvang nie, wat tot ‘n gaping van sowat R600 miljoen gelei het.


Volgens die Departement is enige bewerings van wanbestuur van fondse ongegrond. Die "Departement werk in samewerking met die Kantoor van die Premier en die Provinsiale Tesourie om die huidige finansiële uitdagings aan te spreek," het Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement gesê.