As deel van die Noord-Kaapse 1 miljard rand behuisingsprojek het mnr. Bentley Vass, LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA), tien huise aan begunstigdes van die Calvinia 200 Behuisingsprojek in die Hantam Munisipaliteit oorhandig. Die hande­ring is bygewoon deur Burgemeester Koos Alexander en ander raadslede. Tot dusver is 49 huise aan 233 mense oorhandig. Een van die gelukkige begunstigdes, mev. Christina Katrina Swarts, sê sy is dankbaar vir die herstel van haar waardigheid en gesinsveiligheid. LUR Vass het ook bome geplant as deel van die verfraaiingsplan, terwyl werk aan die res van die huise voortgaan.