Met groot trots is die wenkskole van die Afrikaans Amptelik 100 Nasionale Skolekompetisie aangekondig. Uit talle inskrywings van al nege provinsies en Namibië is die beste skole erken vir hul kreatiwiteit, geesdrif en liefde vir Afrikaans. Die algehele nasionale wenner is Hoërskool DF Malan, wat R50 000 ontvang. Ander topskole sluit in Curro Nelspruit, Hoërskool Langenhoven, Midstream College en Primêre Skool Springbok, elk beloon met R25 000. Die kompetisie het skole van verskeie groottes apart geëvalueer en hul deurlopende viering van Afrikaans tydens die eeufeesjaar bekroon.