Die Kathu-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings versoek die publiek se hulp om die 9-jarige Mihlali Khanyiso Ludaba op te spoor, wat Vrydag vermis geraak het. Polisiewoordvoerder Mashay Gamieldien sê dit word vermoed dat sy moontlik deur ’n familielid by die skool afgehaal is en moontlik in die Bloemfontein-omgewing kan wees. Volgens haar ma is Mihlali Vrydagoggend laas gesien toe sy vir skool gereed gemaak is. Teen 14:55, toe haar ma van werk af by die huis kom, was sy reeds weg. Die busbestuurder het bevestig dat iemand anders haar by die skool afgehaal het. Die publiek word aangemoedig om enige inligting onmiddellik aan te meld.