Herman van der Westhuizen, organiseerder van die Proscenium Dramakompetisie, het laas week SA van Wyk besoek. ’n Paar leerders wat volgende jaar gaan deelneem, het met hom gesels en hul opwinding gedeel oor die geleentheid om hul kreatiwiteit op die verhoog te wys. Die kompetisie stel jong akteurs bekend aan die teaterbedryf, en baie voormalige deelnemers het beurse aan Stellenbosch Universiteit ontvang, rolle op televisie gekry of werk nou gereeld saam met Proscenium. Die skool vertrou dat hul leerders se talent hulle op dieselfde suksesvolle pad sal neem en hul drome in drama kan verwesenlik.