Inwoners van Melkbosrand en Viljoensdraai word versoek om water spaarsaam te gebruik ná elektriese probleme by die Melkbosrand-watersuiweringsaanleg sedert gister. ’n Elektrisiën is tans op die perseel besig met foutopsporing om die probleem so gou moontlik reg te stel. Die watervlakke begin vinnig daal, en die munisipaliteit doen ’n dringende beroep op gemeenskapslede om spaarsaam te wees met watergebruik totdat die situasie genormaliseer is. Inwoners sal op hoogte gehou word van enige vordering. Die munisipaliteit bedank die gemeenskap vir hulle geduld en samewerking gedurende hierdie tyd.