Hoërskool Port Nolloth groet amptelik Vrydag, 12 Desember, Mnr. L. R. Ambrosini, beter bekend as "Teach", wat aftree. Mnr. Ambrosini het sy onderwysloopbaan in 1990 begin en was verbind aan Atlantis Laer- en Hoërskool tot 2006. Na ’n onderbreking van 2006 tot 2012, waarin hy as burgemeester van Richtersveld gedien het, het hy in 2013 na onderwys teruggekeer. Hy het ’n groot impak op studente en personeel gemaak, en was aktief by atletiek, rugby, kultuur en ander buitemuurse aktiwiteite. Teach het ook as skool se Seremoniemeester op verskeie platforms gedien. Die skool bedank hom vir sy lewenslesse en die diep spore wat hy agterlaat.