Die Premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, sal saam met die LUR vir Gesondheid, mev. Nontobeko Vilakazi, môre amptelik 595 permanent aangestelde gemeenskapsgesondheidswerkers verwelkom op die eerste dag van hul induksieprogram. Die permanente aanstelling van dié werkers is ’n belangrike mylpaal in die versterking van gesondheidsorgdienslewering regoor die provinsie. Die Noord-Kaapse Provinsiale Regering het ook lede van die media genooi om die geleentheid by te woon. Die program vind plaas Dinsdag by die Mittah Seperepere Konferensiesentrum in Kimberley. Registrasie begin om agtuur en die amptelike program om negeuur.