LUR Abraham Vosloo het vandag ’n besoek afgelê by Augrabies Intermediêre Skool in die ZF Mgcawu-distrik, nadat ’n verwoestende brand op 16 Januarie vanjaar nege klaskamers en die administrasieblok totaal vernietig het. Die Departement het reeds gebeurlikheidsplanne in plek om leer en onderrig te normaliseer. Opruimingswerk begin hierdie week, en vyf mobiele klaskamers sowel as ’n tydelike administrasieblok met meubels sal afgelewer word. Die Departement bedank die breë gemeenskap van Augrabies vir hul samewerking en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd.