Op Donderdag 29 Januarie 2026 het die Namakwa Distrik se Departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling saam met Nababeep SAPD en die Gemeenskapspolisiëringsforum ’n teenboelie-program by Okiep Hoërskool aangebied vir Graad 8-leerders. Die program is geopen met gebed deur Me. E. van Wyk. Mev. Eucynia Brandt was die hoofspreker, gevolg deur Sersant D. Swartz en Sersant V.A. Cloete. Die GPF-voorsitter, Mnr. Dennis Coetzee, en Juffrou Bailey het ook leerders toegespreek. Die inisiatief fokus op veilige, respekvolle skole.