Hoërskool Okiep was die afgelope drie weke bevoorreg om oudleerder Juffrou Lireen Cloete weer in hul midde te hê. Sy is tans in haar vierde jaar van onderwysstudies aan die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley. Juffrou Cloete het haar praktiese onderrig by haar alma mater in English FAL en Geskiedenis voltooi. Oor ’n paar maande sal sy as volwaardige onderwyseres die onderwysveld betree. Die skool wens haar alle voorspoed toe en glo sy gaan ’n groot verskil in jongmense se lewens maak.