Die LUR vir vervoer, LA Koloi, het gister die amptelike opening van ’n voertuigtoetsstasie in Port Nolloth behartig op uitnodiging van die Richtersveld plaaslike munisipaliteit.

Die toetsstasie was vir ’n tydperk gesluit weens verouderde en foutiewe toerusting. Die mynmaatskappy Alexcor Mine het egter as vennoot uit die privaat sektor ingetree en nuwe toerusting verskaf as deel van hul bydrae tot beter dienslewering aan plaaslike gemeenskappe.

Koloi is tydens die geleentheid vergesel deur die burgemeester, raadslede, die munisipale bestuurder en ’n verteenwoordiger van die myn.