Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Springbok ondersoek n saak van strafbare manslag na n noodlottige motorongelukop die R382 tussen Port Nolloth en Alexanderbaai. Die ongeluk het Saterdagmiddag, 14 Februarie, plaasgevind. Owerhede het by aankoms op die toneel bevestig dat n 24-jarige buitelandse burger, wat in Sandrift woonagtig was aan sy beserings beswyk het. Die presiese oorsaak van die ongeluk word steeds ondersoek.