Mervin Cloete, voormalige Uitvoerende Burgemeester van die Namakwa Distriksmunisipaliteit, is amptelik ingesweer as lid van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer. Die inhuldiging het tydens ’n formele seremonie plaasgevind. Munisipale personeel het hul waardering vir sy leierskap en toewyding uitgespreek. Cloete sal voortaan die belange van Namakwa op provinsiale vlak verteenwoordig en na verwagting sy fokus op ontwikkeling en gemeenskapsdiens voortsit.