Gesondheidsbestuurders en administratiewe rolspelers van regoor die distrik vergader vandag by Springbok Guest Farm vir die Namakwa Distrik se kwartaaloorsig – ’n sitting wat gemik is op groter aanspreeklikheid en beter gesondheidsuitkomste vir gemeenskappe.

Die oorsig dien as ’n belangrike moniteringsplatform waar dienslewering, finansiële bestuur en bestuurspraktyke krities geëvalueer word. Sleutelareas wat bespreek word, sluit prestasiedata en dienslewering, finansiële bestuur en aanspreeklikheid, menslike hulpbronne en infrastruktuur, asook gehalte van sorg en pasiëntervaring in.