Soetwater Wind Farm het ’n nuwe besigheidsontwikkelingsprogram van stapel gestuur vir entrepreneurs in die Namakwa Distrik  en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit.

Kleiner KMMO’s kan aansoek doen vir ondersteuning wat opleiding, werksessies en aanlyn kursusse insluit om hul besighede sterker en volhoubaar te maak. Die program is deel van Soetwater se poging om plaaslike ondernemings en ekonomiese groei te bevorder.