Amptenare van die Namakwa Distriksmunisipaliteit het verlede Donderdag aan ’n opleidingsessie oor risikobestuur deelgeneem wat deur die Nasionale Tesourie gefasiliteer is.

Die opleiding het gefokus op die versterking van risikobestuurspraktyke binne die munisipaliteit, asook om amptenare toe te rus met die nodige kennis om moontlike risiko’s betyds te identifiseer, te evalueer en te bestuur.

Volgens die munisipaliteit vorm die opleidingsessie deel van ’n breër poging om goeie bestuur en aanspreeklikheid te bevorder. Die inisiatief is ook daarop gemik om nakoming van regulasies te verbeter en uiteindelik dienslewering aan gemeenskappe in die Namakwa-distrik te versterk.