Inwoners in die Geelhoog-gebied kan moontlik wateronderbrekings ervaar nadat ’n pyp naby die Muisvlak-reservoir gebars het.

Volgens die Richtersveld plaaslike munisipaliteit is die pomp tydelik afgeskakel sodat spanne herstelwerk veilig kan uitvoer. Tegniese personeel is tans besig om aan die probleem te werk, maar daar is nog nie ’n bevestigde tyd wanneer die pomp weer in werking sal wees nie.

Inwoners word intussen versoek om geduldig te wees terwyl die herstelwerk voortgaan. Owerhede sê verdere opdaterings sal gedeel word sodra daar meer inligting beskikbaar is.