Inwoners van Steinkopf het tydens ’n dringende gemeenskapsvergadering kommer uitgespreek oor die beplande herbegrafnis van Khoi- en San-voorouerlike oorskot by Kinderlê buite die dorp.
Die vergadering is op 9 Maart gehou nadat vrae ontstaan het oor die vlak van konsultasie met die plaaslike gemeenskap en die rol van regeringsowerhede in die proses. Volgens kapt. Paul Swartbooi van die Nama-gemeenskap wil inwoners groter betrokkenheid en toesig hê voordat die herbegrafnis plaasvind.
Die gemeenskap het ook versoek dat regeringsamptenare binne sewe dae met hulle in gesprek tree en het aanbeveel dat die herbegrafnis, wat vir 23 Maart beplan is, tydelik uitgestel word.