’n Tweedaagse vergadering van die Distriksrampbestuurskomitee het by die Namakwa Distriksmunisipaliteit begin, waar verteenwoordigers van verskeie distrikte in die Noord-Kaap byeenkom om oor belangrike rampbestuurskwessies te beraadslaag.

Die vergadering fokus onder meer op die versterking van samewerking tussen rolspelers, asook op die verbetering van paraatheid en reaksie op moontlike rampe in die provinsie.

Volgens die munisipaliteit bied die geleentheid ook ’n platform waar deelnemers insigte kan deel, bestaande strategieë kan herevalueer en saam kan werk aan meer doeltreffende reaksie-meganismes om gemeenskappe regoor die Noord-Kaap beter te beskerm.