Die Concordia 29-behuisingsprojek het vandag verder gevorder met nog 10 begunstigdes wat hul huissleutels ontvang het.
Tydens ’n onderhoud met NFM Nuus het die LUR vir die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake verduidelik dat, hoewel die huise struktureel voltooi is, basiese dienste soos riool en elektrisiteit nog nie ten volle afgehandel is nie. Hy sê die besluit om die huise reeds oor te handig is geneem sodat begunstigdes self toesig oor hul eiendom kan hou en moontlike vandalisme voorkom.
Intussen beskryf ’n raadslid van Concordia, Charlotte Visser, die oorhandiging as ’n belangrike mylpaal wat bydra tot die herstel van menswaardigheid. Sy het egter beklemtoon dat die vraag na behuising in die gebied steeds groot bly.