Die Khâi-Ma Munisipaliteit sê ’n kragonderbreking ná erge weerlig het tot ’n wateronderbreking in die Witbank-gemeenskap gelei.
Volgens die munisipaliteit sukkel Eskom steeds om die fout te herstel. ’n Span sal intussen met ’n kragopwekker ontplooi word om beperkte water te pomp.
Inwoners word versoek om geduldig te wees terwyl herstelwerk voortduur.