Die Richtersveld Munisipale Raad het sy konsep geïntegreerde ontwikkelingsplan en mediumtermyn-begroting vir 2026 tot 2029 vir openbare kommentaar beskikbaar gestel.

Die dokumente, wat op 30 Maart deur die raad oorweeg is, kan nou by plaaslike biblioteke, munisipale kantore en aanlyn besigtig word.