Die Noord-Kaapse provinsiale regering het sy voorneme uitgespreek om die provinsie se bruto binnelandse produk teen 2030 tot minstens R200 miljard te laat groei. Die aankondiging kom te midde van die eerste beleggingskonferensie wat in Kimberley plaasvind. Die konferensie fokus op tradisionele sektore soos mynbou en landbou, terwyl daar ook sterk klem gelê word op hernubare energie en infrastruktuurontwikkeling om ekonomiese groei te bevorder.