Gister het Hoërskool Concordia Aardedag gevier’n dag wat die skool herinner dat die aarde nie net ’n plek is waar ons leef nie, maar ons enigste tuiste. Die skool leef in ’n tyd waar die natuur onder groot druk is. Klimaatsverandering, besoedeling en ontbossing is werklikhede wat die skool daagliks raak. Tog dink baie mense hulle kan nie ’n verskil maak nie, maar klein aksies soos herwinning, waterbesparing en minder plastiekgebruik maak ’n groot impak. “As jongmense dra ons ’n besondere verantwoordelikheid. Aardedag is ’n oproep tot aksie: om bewus te leef, beter keuses te maak en die aarde vir toekomstige geslagte te beskerm,” het die skool gesê.