Die Noord- Kaapse premier dr. Zamani Saul het saam met die LUR vir COGHSTA, Bentley Vass met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vergader oor dienslewering. Die kommissie het ’n verslag oor hul 2025-ondersoek oorhandig met aanbevelings vir verbetering. Saul het die kommissie bedank en samewerking belowe om volhoubare oplossings te verseker. Die verslag sal ook tydens die MUNMEC-vergadering in Upington aangebied word.